Geregistreerde Skuldberadings Firma NCR 1454

HulpmetSkuld
Home Skuldberading Aansoek Dienste Kontak ons Wat is skuldberading?

Skuldberading of skuldhersiening is n proses om jou maandelikse skuld verpligtinge te herstruktureer om jou instaat te stel om die skuld maklikker en goedkoper te betaal.

 

Skuldberading is die perfekte manier vir n klient wat te veel skuld het om volgens die kredietwet sy skuld bekostigbaar te maak en dit te betaal.

Hierin die proses

Skuldberading behels dat geen verdere lenings aangegaan word tydens die proses nie en verseker ook dat geen van die verbruiker se bates, roerend of onroerend, verlore gaan nie.

Skuld berading word dikwels verwar met Administrasie bevele. Dit is glad nie die geval nie. Seker die mees belangrikste is dat Skuld beraders nooit enige gelde van die klient ontvang nie. Alles word aan ‘n “payment distribution agency” (PDA) oorbetaal vir verdeling tussen skuldeisers. Die PDA is daargestel deur die kredietwet en word ook deur die NCR gemonitor.

Skuld berading is beslis die opsie as u te min vondse an die einde van die maand oor het om al u paaiemente te betaal wat as gevolg van kredietooreenkomste betaling van u verlang.

Skuldberading is relatief goedkoop en verseker dat u al u bates behou

Wat is jou regte?

Dir reg om krediet word aan elke Suid Afrikaner volgens die Grondwet van ons land verseker. Hierdie reg is egter onderhewig aan goedkeuring.

 

Elke skuldeieser kan in terme van enige kredietooreenkoms aanspraak maak op sy reg om litigasie te gebruik om sy skuld in te vorder.

 

Ons kan jou help om regsaksie te STOP!

Neem beheer oor skuld!

Skuld berading staan beter beken as debt review of debt counselling en is ‘n skuld-herstrukturerings proses wat deur die nuwe Kredietwet van 2005 ingestel was. Die Nasionale Krediet regulerder (NCR) is ook kragtens sekere bepalings en artikels in die wet op die been gebring om onder andere die proses van skuldberading te oorsien.

Skuldberading behels dat verbruikers soos u aansoek doen om onder skuldberading te kan wees en waarna u skuldeisers geen verdere regsstappe teen u mag neem nie. Die proses is so saamgestel dat dit onder andere rentekoerse verlaag, terugbetalings tydperke verleng en seker maak alle skuldeisers kry elke mand betaling totdat alle skuld betaal is.