As u eiendom op Balju veiling verkoop gaan word is daar seer sekerlik baie bekommernis en onsekerheid in u gedagtes. Balju veilings is in ons ondervinding nooit ten gunste van die klient nie. Lees asb verder, nie om u bang te praat nie, maar om te verseker u maak die regte besluit omdat u die regte inligting het om daardie besluit te kan maak.
As u meer as 3 maander agterstallig is met u huisverband is die moontlikheid baie groot dat u eiendom op veiling verkoop gaan word. Baie kliente skalel in en se dat hulle geen hofstukke van die balju ontvang het nie en dat hulle huise nou op veiling verkoop gaan word. Ongelukkig is daar geen verweer hiervoor nie. Daar is nerens in die Hofreels enige bepaling dat die balju dokumente persoonlik op u moet beteken nie. Die onus is altyd op die verbruiker om seker te maak van enige moontlikke regsaksie as hy/sy vermoed daar kan dalk sulke aksie wees.
Litigasie en regsaksie sal as gevolg van wanbetaling van u huidige kredietooreenkomste lei en is verseker n baie ernstige situasie met onmiddelikke effek op u goeie naam asook u bates
Ons sal verseker dat geen verdere regskostes en oormatige rente by u huidige kredietooreenkomste gevoeg word nie. Hierdie byvoegings en kostes kan in vandag se finansiele onsekerheid lei tot groot kopseer.