Geregistreerde Skuldberadings Firma NCR 1454

HulpmetSkuld
Home Skuldberading Aansoek Dienste Kontak ons Hulp met Skuld is n geregistreerde Skuldberadings Firma wat kliente regoor Suid Afrika help met skuldprobleme.

Skuldberading en skuldhersiening

Skuldberading en skuldhersiening sal alle regsaksie volgens die Nasionale Krediet Wet teen u stop en voorkom.

Ons sal ook al u bates teen terugnames beskerm!

Voorkom voertuig en eiendom terugnames  

Jou huis en voertuie is seker die eerste bates wat jy sal wil beskerm as jou finansies jou druk..

 

Ons voorkom al jare lank bankterugnames en stop balju velings van eiendom asook voertuie met aansoek om skuldberading.

 

Met skudlberading sal jy seker wees dat jou bates nie verlore gaan nie.

Voorkom balju veilings van u eiendom

Sou jou huis reeds geadverteer is om op n veiling verkoop te word kan ons nogsteeds help. Kontak ons voor dit te laat is!

Boedeloorgawe en sekwestrasie

Sou u geen ander opsie het as om aansoek te doen vir n vrywillige boedeloorgawe nie, sal ons u graag daarmee help. Ons het jare lange ondervinding in hierdie gebied en sal u na die beste van ons vermoens help

Wat bied HulpmetSkuld u alles?

 

 

 

Batebeskerming is seker die belangrikste aspek van ons skuldberading. As ons verseker dat geen regsaksie teen u aanhangend gemaak word nie maar u verloor u ander bates mors ons u tyd.

 

Met n aansoek om skuldberading sal alle regsaksie teen u gestop word. Sou daar reeds egsaksie in proses wees sal ons met u skuldeiesers onderhandel om te verseker u behou u bates.

 

Ons is kragtens die Nasionale Kredietwet en by magte van die NCR geregistreer om aan u advies te kan gee en ook om u skuldberading te loots

 

Ons gebruik skuldberading sagteware wat deur die NCR goedgekeur is, wat verseker dat u optimale terugbetalings het.

 

Ons verlang nie persoonlikke konsultasies nie. U sal alle skuldberading dokumentasie en skuldberading  inligting per epos en faks ontvang waarna u in die gemak van u eie huis kan besluit of ons u kan help. Sou u verkies om met ons te konsulteer, kan dit gereel word.

 

Ons voorkom en stop al langer as 10 jaar bankterugnames van voertuie en eiendomme.

 

Skuldberading is diskreet en sal nie toelaat dat u integriteit deur die aansoek proses negatief geraak word nie.