Skuldberading en skuldhersiening is n proses waarby al jou skuldooreenkomste se maandelikse paaiemente verlaag word deurdat ons volgens die Kredietwet die termyn verleng. Dit beteken egter nie dat jy meer gaan betaal as gevolg van rente oor n langer tydperk nie. Die renteberekening is van so aard dat jou uitstaande saldo vandag dieselfde is as jou finale bedrag betaalbaar sou jy aansoek doen om skuldberading.
As jy aansoek doen vir skuldberading sal jou krediteure onmiddelik in kennis gestel word en dan die nodige dokumentasie aan ons kantore stuur. Dit sal ons in staat stel om soos die artiekels van die Wet bepaal, jou paaiemente te herstruktureer en dan ook hierdie verlaagde paaiemente n bevel van die Hof te maak. Die proses is maklik en vinnig en sal verseker dat jy van dag 1 af beter kontantvloei het en weet presies wat met al jou skuld aangaan
Omdat ons die proses namens jou hanteer en as’tware onderhanderlinge tussen jou en jou krediteur oorneem hoef jy nie meer te stress oor wie wat betaal moet word nie. Ons sal vir jou uitwerk wat is die globale bedrag wat betaalbaar is op al jou skuld en een rekeningnommer voorsien waaruit al hierdie krediteure elektronies betaal word. Dus is daar geen risiko van geld wissel tussen jou en ons nie. Jy het EEN berdag aan die einde van elke maand om te betaal