Geregistreerde Skuldberadings Firma NCR 1454

HulpmetSkuld
Home Skuldberading Aansoek Dienste Kontak ons Laai hier jou elektronies aansoekvorm af!

 

1. Die idee van skuldberading sal by die klient opkom as hy besef hy kan nie al sy maandelikse verpligtinge ten opsigte van skuld betaal nie, maar sou graag wou betaal.

2. Die klient konsulteer n geregistreerde skuldberader en voltooi die aansoekvorm en verskaf die nodige dokumentasie. N Gereguleerde Vorm 16 word voltooi en die klient is volgens wet in die proses.

3. Alle nodige dokumentasie moet deur die klient aand die skuldberader gelewer word binne 5 dae vanaf die lewering van Vorm 16.

4. Met al die nodige dokumentasie by die skuldberader, kan die betrokke klient se skuldeiesers in kennis gestel word dat die klient inderdaad aansoek gedoen het vir skuldberading volgens die Wet. Dit word met gereguleerde Vorm 17 gedoen.

5. Formele forensiese ondersoeke word noe deur die skuldberader gedoen om te bepaal of die klient wel te veel skuld het en nie in n posisie is om dit te kan betaal nie.Na oorweging van alle dokumentasie is die berekening eintlik baie eenvoudig.   Kliente se aansoek om skuldberading sal suksesvol wees indien die maandelikse beskikbare bedrag vir skuld terugbetalings minder is as wat die werklikke skuldberdag in totaal is.. As voorbeeld alleenlik. As die klient R10 000 pm salaris verdien en R5000 benodig vir lewenskostes en sy skuld is R7000 pm, is die surplus van R5000 te min om die skuld te betaal en die aansoek sal suksesvol wees.

6. Indien die klient soos bo te veel skuld het om te betaal sal alle skuldeiesers in kennis gestel word.

7. Die herstrukturerings proses kan begin. Die skuldberader sal nou met alle skuldeiesers onderhandel om n laer premie te verseker wat dus maklikker deur die klient kan betaal word.Dit verseker dat die klient in n posisie is om sy skuld te betaal en dat skuldeiesers hulle geld maandeliks ontvang .

8. Die nuwe verlaagde premie voortel sal aan die skuldeisers gestuur word vir goedkeuring. Meeste van die skuldeisers sal die aanbod aanvaar en toestem tot die Hofbevel daarvan. Sou daar egter skuldeisers wees wat nie die nuwe aanbod aanvaar nie sal Hulp met Skuld skuldberaders binne die bepalings van die wet bly om te verseker die Hofbevel word toegestaan..

9. Baie belangrik! Skuldberaders hanteer geensins enige van jou maandelikse paaiemente aan skuldeisers nie.Die enigste bedrag wat direk aan ons oorbetaal word is die aansoek fooi en die deposito vir kansellasie.

10. Alle fondse word deur n geregistreerde Payment Distribution Agency (PDA) hanteer. Die PDA is daargestel volgens wetgewing en word deur die NCR gekontrolleer.Die klient sal een bedrag oorbetaal aan die PDA elke maand waarna skuldeisers betaal sal word. Dit kan gedoen word met n stoporder, aftrekorder of kontant.

11.  Die fooi struktuur:

Skuldberaders kan n maksimum fooi van R3000 plus BTW vir n enkel aansoek en R4000 plus BTW vir n gesamentlikke ansoek vra. Hierdie bedrag word deur Wetgewing bepaal. Die klient se eerste PDA betaling sal die Skuldberader fooi betaal.

 

Regskostes sal uit die tweede PDA betaling aan die prokureur betaal word wat die aansoek in die Hof bring

 

Die derde paaiement aan die PDA sal die eerste oorbetaling aan die skuldeiesers wees.

 

Die bepaling van die Wet verseker dat daar geen geld tussen kliente en skuldberaders is nie en dat die aansoek kostes meer bekostigbaar gemaak kan word.

 

12. Wanner PDA betalings gemaak word sal sekere skuld voor ander afbetaal wees. Wanneer dit gebeur sal die oorblywende skuld weer herverdeel word om te verseker almal kry nou meer. Dit verseker dat die skuld vinniger afbetaal word. Hiervoor is die skuldberader geregtig op n nasien fooi van n maksimum van R300 pm.

13. Wanneer alle skuld betaal is sal die skuldberader aan die klient n sertifikaat van afhandeling verskaf wat bevestig alle skuld is betaal. Hierdie sertifikaat sal ook alle rekords van die swartlyste af verwyder.

14. Sou n klient se situasie verander na beter kan die klient ten enige tyd uit die proses kom en nie meer onder skuldberading wees nie.